Ek is ek en jy's my gek, en gemaak om my tone af te lek.

Wednesday, June 09, 2004

Angs loop hoog

Almal sit hier by die werk en probeer besig bly met smalltalk en grappies, maar eintlik is die beste manier om die situasie te verduidelik tiekie-penny. Hoekom? Wel, ons sit en wag vir ons baas om in te kom sodat ons hoof programmeerder vir hom kan inlig dat hy bedank...

...die arme baas weet nie daarvan nie, en ek dink ook nie hy verwag dit nie. Ons is veronderstel om vanoggend 10 uur hier te wees vir 'n vergadering voor hy gaan gaan na 'n vriend se begrafnis. So hy het definitief nie 'n goeie dag wat vir hom wag nie. Sjym.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home