Ek is ek en jy's my gek, en gemaak om my tone af te lek.

Sunday, December 09, 2007

Trapped in my own life

All my life I've felt like I was going to do something really awesome - something that would change the world in some way... maybe even several things.

I still feel that sometimes, but recently I feel it less and less. I feel like my life is stuck in a cycle and no matter what I do I always end up in the same fucking situation. Like I said to someone recently - the urge to give up and conform has been quite strong of late. I've got a potential contracting position beginning of next year (2008) in *gag* .NET, but I'd have to go in to offices in a shirt and tie (and obviously pants), and apparently I'd have to shave the beard.

I think a part of me would die when that happens. I'd be able to become a property owner, buy transport, be sure of where the next month's income is coming from, but I would feel imprisoned. Trapped. Kinda like how I feel at present. So what's the difference?

Friday, March 31, 2006

whoohoo! toe nie! :)

Is gaim blogger busted?

Monday, February 27, 2006

Onnoselheid is 'n potentiele terminale siekte.

Friday, February 24, 2006

Hierdie 'volwasse vir my ouderdom' stront is presies dit. Stront. Ons kan maar net so oud wees soos wat ons is.
Dis veral die wat so 'volwasse vir hul ouderdom' is wat baie keer die is wat net donners obsternaat is en nie wil glo dat ouderdom mens wel 'n ding of twee leer nie.
As ek terug kyk op myself toe ek jonger was wil ek soms my kop in 'n gat druk van skaamte oor hoe onnosel ek was en hou slim ek gedink het ek was.
Ai, ek was self een wat 'volwasse vir my ouderdom' was. So dalk is daar hoop - dis te seg as ek wel reg geruk het. Maar moeilik om te seg as mens van binne uitkyk.

Mens hou aan dinge leer en vergeet - veral lewens lesse. As mens maar net daardie lesse vars in jou geheue kon hou ter alle tye sou mens se lewe seer sekerlik makliker gewees het!

Tuesday, February 21, 2006

Al my vriende; ek is lief vir julle!

Vriende is wonderlik. Vriende is van die beste dinge wat die lewe het om te bied. Maak nie saak hoe ver weg my vriende is of hoe lank laas ek met hulle gepraat het nie, hulle is altyd in my hart.

Ek dink nou aan vriende soos Alison, wat ek baie lanklaas gesien het, of William, op wie ek baie trots is. Of Lisalet, vir wie ek baie bly is dat haar lewe besig om om so positief vooruit te beweeg!

Selfs die wat ek in my lewe laat gaan het, soos Justin, of Albert, is nog gereeld in my gedagtes, en voel ek nou en dan hartseer oor, omdat hulle ook op hul tyd goeie vriende was. Johnathan, die haarkappertjie, was egter nooit rerig 'n vriend nie, net 'n verdraaging.

Vriende soos Johnathan en Justin het my egter tot die baie BAIE duidelike besef laat kom dat mens nie vriende kan kies nie - mens kan nie besluit; Met JOU gaan ek vriende wees nie. Vriende gebeur net.

Soos Bernard - 'n lukraak boodskap oor die internet wat ontwikkel het in nog een van my waardevolste vriendskappe.

Ek sou vir Richard jammer gekry het as ek nie geweet het dis `n vermorste emosie nie. Hy glo hy het nie vriende in sy lewe - of om die waarheid te seg - mense in sy lewe nodig nie, en hy gaan so hard sy hele lewe daaraan werk om dit te glo dat hy nie gaan besef hoe eensaam en arm hy is wanneer hy eendag oud is nie.

Ek weet nie eers of ek my ouers se ouderdomme gaan haal nie, maar ek weet, watter ouderdom ek ook al haal, dat ek nie sal sterfs sonder mense wat my lief het nie, en dit beteken vir my meer as aardse rykdom.

Wednesday, February 15, 2006

Wysheid kom nie daaruit om heeltyd te praat nie, maar deur om stil te bly en te luister - en daarna na te dink.

Soms is mense so oortuig van hul eie opinies dat hulle geslote raak tot die gedagte om na ander te luister en te oorweeg dat ander moontlik kan reg wees.
Dis swaard wat egter beide kante toe kan sny, want wanneer ander so 'n sterk standpunt in neem word dit moeilik om self objektief te bly en in ag te neem dat die ander moontlik reg kan wees.

'n Handige manier om iemand oor iets aan te spreek sonder om daardie persoon op hul hoede te plaas is om te maak of mens oor iemand anders praat. Meeste van die tyd sal daardie persoon saam stem en selfs 'n inset of twee van hul eie lewer, en eers na die tyd nadink oor die toepaslikheid van die gesprek op hul self.
Ongelukkig kry mens natuurlik ook die garde wat net geensins besef dat iets op hulle van toepassing is nie - in daardie geval is dit moontlik beter om die probleem direk aan te spreek.

Tuesday, February 14, 2006

<subject>test</subject>

This time it will work, this time it will all be better