Ek is ek en jy's my gek, en gemaak om my tone af te lek.

Tuesday, February 21, 2006

Al my vriende; ek is lief vir julle!

Vriende is wonderlik. Vriende is van die beste dinge wat die lewe het om te bied. Maak nie saak hoe ver weg my vriende is of hoe lank laas ek met hulle gepraat het nie, hulle is altyd in my hart.

Ek dink nou aan vriende soos Alison, wat ek baie lanklaas gesien het, of William, op wie ek baie trots is. Of Lisalet, vir wie ek baie bly is dat haar lewe besig om om so positief vooruit te beweeg!

Selfs die wat ek in my lewe laat gaan het, soos Justin, of Albert, is nog gereeld in my gedagtes, en voel ek nou en dan hartseer oor, omdat hulle ook op hul tyd goeie vriende was. Johnathan, die haarkappertjie, was egter nooit rerig 'n vriend nie, net 'n verdraaging.

Vriende soos Johnathan en Justin het my egter tot die baie BAIE duidelike besef laat kom dat mens nie vriende kan kies nie - mens kan nie besluit; Met JOU gaan ek vriende wees nie. Vriende gebeur net.

Soos Bernard - 'n lukraak boodskap oor die internet wat ontwikkel het in nog een van my waardevolste vriendskappe.

Ek sou vir Richard jammer gekry het as ek nie geweet het dis `n vermorste emosie nie. Hy glo hy het nie vriende in sy lewe - of om die waarheid te seg - mense in sy lewe nodig nie, en hy gaan so hard sy hele lewe daaraan werk om dit te glo dat hy nie gaan besef hoe eensaam en arm hy is wanneer hy eendag oud is nie.

Ek weet nie eers of ek my ouers se ouderdomme gaan haal nie, maar ek weet, watter ouderdom ek ook al haal, dat ek nie sal sterfs sonder mense wat my lief het nie, en dit beteken vir my meer as aardse rykdom.

1 Comments:

Blogger mcharlottesmith said...

Ditto. Gaan loer gerus by my post van "Thank you to my bastard friends." (by rustyrosegarden.blogspot.com) Ek moet nog iets se oor my non-bastard friends, maar daar is 'n tyd en plek vir alles. :)

2:28 PM

 

Post a Comment

<< Home