Lanklaas gepost, terug met 'n droom
Het gister aand gedroom van 'n meisie wat karre wat gebreuk en oud was weer reg kon toor. Ons gaan toe na 'n ou motor wrak werf waar sy een vir een die motor snuwe lewe gee. Letterlik lewe. Die eienaar van die werf (wat om een of ander rede Manie was) was so bietjie mal en wou toe he ons moet sy motor ook lewendig maak - die was geoutfit met spukes en allerhanne kak. Selfs traps met lemme wat oop en toe gaan ala Prince of Persia wat hy agter hom aan lettings kon laat sleep en ander motors mee kon in die helfde chop.
Hy word toe kwaad omdat sy nie ssy evil kar wou lewendig raak nie en begin toe vir Serdyn wat in 'n bumpkar ry rond te jaag met sy motor. Op die ou ent trek ons sy aandag af met 'n masjien wat goed krimp, en toe wou hy weer net met alle mag dit gebruik op iets. Maar weer eens dink ons (kan nie onthou wie almal daar was nie) dis 'n slegte idee en trek sy aandag af en probeer hom anders oortuig. Later waai meeste en dan om een of ander duistere rede los die ou wie se masjien dit is die krimper vir Manie.
Een van die mense wat saam was bly agter en kom op Manie met die masjien agter, maar eerder as om dit by hom weg te probeer kry verstel hy die tafel se hoogte sodat dit vir Manie meer gemaklik is en gaan sit geintereseerd langs hom en kyk. Manie shrink 'n groot plat tas en as die dude dit oopmaak is dit 'n potloodkassie met normale grote kleur potlode.
Dan is die dude ek, of nee, dan sit ek skielik sommer langs Manie en vra die dude om vir my 'n potlood aan te gee want ek is nuuskierig om te sien of dit skryf aangesien dit baie dig hoort te wees, maar dit skryf fine. Manie vat dit kwaad by my af en gee dit weer vir die ander dude om terug te sit in die kassie sodat hy dit weer kan groter maak as deel van sy experiment terwyl hy kla of ek weet hoe duur dit is om goed te krimp en groter te maak en een shot vat 'n uur se elektrisiteit en hier sit ek en mors die potlood.
Ek ignore hom en wandel af, kom af op 'n paar cool plekke en dan kom kry die ander dude my en dan moet hy iets gaan soek of doen en ek moet agter bly in 'n kamer. Kamera switch na sy sister se kamer waar sy kaal op die bed le. Tipiese nice tits ens soos dit in 'n movie sal wees - blonde. Hy kom in die kamer in, kyk rond en gaan weer uit. Na so rukkie kom hy terug en gee haar 'n waardeerende kyk - dit lyk nie of sy mind nie. Dan gaan hy weer. 'n Derde keer kom hy terug, maar dan is dit skielik die ander dude (wat so half ek is) en die stap die kamer in en klim op die bed met haar.
Weereens lyk sy nie te gepla nie en se sy dat hulle kan rondspeel as hy sal maak of hy haar broer is. Dis weird, maar die dude stem in want hy is jags vir haar. Meanwhile is haar broer in 'n ander kamer besig om aan die kant te probeer maak voor sy ma terugkom, maar die feetjie Aku van Onimusha is daar en sy krap heeltyd die pink klippies in die kaggel uit oor die hele vloer omdat sy dink dis mooi. Die broer probeer haar stop maar besluit later wanneer hy dit nie regkry nie fok dit en versprei maar net die klippies egalig en begin dan die twee beddens opmaak net soos hy sy ma hoor terugkom. Hy haas eers maar besluit dan om eerder te ontspan want dis oraait as sy instap en hom minstens sien besig om aan kant te maak.
Tyd en wyl in die ander kamer het dinge redelik hot geraak, al het sy die dude op een stadium gevra wat de hel hy doen toe hy haar omdraai sodat sy na hom toe kyk, maar hy het nog sy klere aan en se dat hulle maar nog steeds net pretend en dat hy net gaan maak as of hy insteek. Hulle hou egter op en hy sluim gou terug na sy kamer as hulle haar ma hoor terugkom.
Volgende scene is almal buite besig om met hul wapens te oefen (soos die in Onimusha - ok, ok - darem nie gister self heeltyd gespeel nie, maar gekyk hoe Richard speel) en dan op een stadium doen die broer iets cools en dan probeer ek ook afshow, maar die lem glip uit my hand uit en land baie naby aan die ma. Die ma is Catherine Zeta Jones met 'n silver oogklap op wat 'n helder lig vir 'n evil oog het wat oop en toe kan skuif. Sy is heel ongesteur, gryp die kort swaart en gooi dit en pen dit reg deur 'n boom.
Die broer lag vir my, maar is heel verbaas wanneer ek sonder moeite die swaard uit die boom uit trek. Hy is egter om een of ander rede uitgegross deur die boomgom op die lem.
Voor dinge verder kan gaan buite word ons ingeroep na binne om te gaan sit en kyk na een of ander presentation van 'n grand master, maar ek (die ander dude is nou weer so half ek) gee nie werklik aandag nie want dit is vir my net so BIETJIE te veel soos kerk en brainwash - en as ek nie gaan aandag gee vir kerk nie, gaan ek SURE as HELL nie sit en aandag gee vir goed oor demone en sulke shit nie - so ek oefen maar my meditasie tegniek terwyl daar weird dudes wat sweef tussen ons deurbeweeg en paartjies uitkies om teen mekaar te oefen met fight. Uit eindelik tot my verligting (die stupid brainswash storie het my verveel) word ek en die sister ook gekies en word ons na 'n kamer geneem wat oop is aan die een kant na 'n groot spasie, maar wat ons van die mure af kan spring tot op teen die dak om teen mekaar te fight.
Ons fight so half, maar dis meer soos foreplay, en uiteindelik los ons die fightery en sit ons giggelend styf teen mekaar op die rand van die kamer en uitkyk na die groot oopte waar ons in die verte die sons ondergang kan sien.
Tyd en wyl switch die view na die vroue badkamers, wat ook 'n groot oop spasie in die middel het (maar nie so groot soos die fight saal waar mens die son in die verte kan sien en wat eintlik so half oop was na buite nie). Hier is dit klomp verdiepings met 'n privaat cubicle vir elke persoon. Die vrou wat langs die ma se cubicle is se seep raak op en sy kyk om die rand of die ma dalk het, maar sien dan 'n spaar oogklap met 'n gatjie in en besef dat die ma eintlik deur altwee oe kan sien... weetie hoekom dit so moerse is nie, maar dit is. Juis dan kom die ma in en sien die vrou met die oogklap in haar hand en elimineer haar deur om haar af te gooi waar sy verskeie verdiepings val na haar dood. Juis dan kom ek en die sister in omdat ek haar terug vergesel het en ek sien die ma met die oogklap in haar hand en besef dat sy kan sien. Sy sien ons ook maar ek stamp haar af. Sy is egter baie beter as die ander vrou en gryp aan elke vlak soos sy af gaan en land sonder om seer te kry onder. Dan begin sy rants weer op te klouter.
Ek moet vinnig dink en kruip gou om so paar kubicles en maak die storte oop en laat die koppe oorhang en spuit die rand van die vlak waarop ek is met die ma se seep sodat dit glad is. Die ma klouter tot bo en begin aan my te trek om my af te trek, maar ek het gaan sit en vas skop teen die rante voor sy bo gekom het so is heel veiligerig. Ek het ook rondgekyk vir iets om haar mee te wurg as sy bo kom en het my t-shirt uitgetrek daarvoor. Die sister is maar net so half besig om histeries te wees eenkant. Ek kry nie rerig kans om die t-shirt om haar nek te kry nie maar begin haar daarmee te slaan en dit gaan om haar arm. Ek trek so hard ek kan en sy begin beheer verloor met die seepglad oppervlak en die feit dat sy nog aan die rand hang en die t-shirt wat haar arm strem. Dan gee ek een laaste pluk en laat los die t-hemp en sy val weer, maar die keer kan sy haarself nie keer nie en haar kop klap teen een reeling. Sy val nog 'n vlak maar teen daardie tyd is sy reeds dood. Ek kruip versigtig op die seepgladde vloe om die muurtjie na die volgende cubicle waar die sister is en ons omhels verlig net voor ek wakker word.
What. The. Fuck.
0 Comments:
Post a Comment
<< Home