Ek is ek en jy's my gek, en gemaak om my tone af te lek.

Friday, June 18, 2004

Droom

Ek het gister aand gedroom ek gaan terug suid afrika toe om te trou met'n muslin meisie genaamd Michelle. Maar die ma wil nie rerig gehad het ons moet trou nie. Die pa het nie rerig veel van 'n se gehad in die huis sover ek kon sien nie. Hy het egter 'n klomp hotels besit. Die ouma was skatryk en wou haar geld afstaan aan haar klein kinders, maar slegs as hulle getroud is. Daar was 'n broer ook genaamd Niel maar hom hety ek net oout van gehoor en nooit gesien nie. Die rede hoekom ons op die ou ent toegelaat word om te trou is omdat ek bereid is om deur te gaan met 'n ritueel waar ek en die meisie aan mekaar vasgewerk word by die arms met steke van die elmboog tot by die pinkie. My familiie is ook daar vir hierdie einaardige troue, maar die steke begin omtrent dadelik los gaan en wanneer ek deur gaan na die onthaal toe gaan die steke heeltemal los en kom ek eers agter dat sy nie by my is nie as ek by die onthaal aankom. Ek gaan terug na die huis toe maar die ma het die meise oortuig dat dit 'n teken was dat ons nie bedoel is vir mekaar nie en ek kry nie weer een van hulle te sien nie. My hard is gebroke en as ek terug na die onthaal stap loop ek die ouma raak wat se dis jammer en nou sal Niel seker al haar geld kry. Op daardie stadium dink ek vlugtig by myself - hmm, dalk moet ek met HOM trou, ek is mos gay. Fok weet hoe my kop werk dat ek in die eerste plek met die chiek wil trou. My hele familie is verskriklik simpatiek, en later terug by my ouer huis bak my ma klomp soetigehede vir een of ander gedoente wat sy die volgende dag het en skep vir my in daarvan - ek eet myself trommel dik en noem dat ek gelukkig al in my lewe deur baie moeilike situasies is en dat ek dus sal ok wees. My ma dink die mense is 'n spul dom idiote omdat hulle nie eers kans gevat het om my te leer ken nie en nie eers geweet het dat ek ook te doen het met die hotel industrie nie. Ek antwoord dat dit jammer is dat ek so gou moes trou nadat ek daar aangekom het aangesien meeste mense van my hou as hulle my eers leer ken, maar my ma dink dat ek verkeerd is en dat die ma van die meisie nie eintlik veel van enigiemand hou nie - insluitend haarself - en dat dit jammer dat my huwelik met Michelle gedoem was oor haar ma se kak.
Dan droom ek van 'n nuwe happy tree friends episode met die silohette van 'n koei met 'n gun aan die begin en een of ander beer wat by 'n plaashuis opdaag en dan kom daar honde uitgehardloop en die beer eet hulle almal op en gaan staan voor die huis en ruik 'n man en dan morph dit in 'n lelike meisie en dan install dit puberteit... Dis omtrent toe ek wakker word. Weird shit. Hoekom kon ek nie net 'n fokin wet dream gehad het nie? :)

0 Comments:

Post a Comment

<< Home