Ek is ek en jy's my gek, en gemaak om my tone af te lek.

Saturday, June 12, 2004

Annie Cunt

Ok, die volgende mag dalk kak vervelig wees - although, om te kak is gewoonlik lekker - behalwe as met iets met warm stuff in gehad, dan kry mens ring-sting.

Ek het vandag my kamer aan die kant gemaak omdat dit tans blyk of ons so rukkie lank hier gaan bly. Ons was mos van plan om te trek en 'n beter leefplek te kry, en toe lyk dit as of ons nie meer hier sou kon bly as ons onseker was oor ons werk nie, maar nou dat dit lyk of Richard vir eers gaan aanhang en ons gaan probeer om die Surreytech gedoente suksesvol af te handel, en ook omdat ons nou ons eie ding aan die gang gaan kry en ons ons geld versigtig sal moet hanteer, het ons besluit om vir eers hier aan te bly. Dis ook mos baie goedkoop in terme van Guildford - net 600 pond -so 200 pond elk. Ons mag dalk as ons eers voltyd met Aywen en InfoGrammaton aan die gang is erens heen trek waar die huur goedkoper is - soos in 'n ander dorp - maar ek dink ons almal sal verkies om hier te bly want ons laaik Guildford nogals.

Ieder geval - wou nie bother om my kamer in orde te kry as ons sou trek nie. Maar nou dat ons hier gaan bly het ek gevoel dis nodig om my omgewing te organiseer. Ek dink die feit dat ek opgehou het met skadelike goed en probeer om my gat in rat te kry het ook iets te doen met my huidige (en hopelik permanente) neiging tot orde.

Ek is nou baie tevrede met my persoonlike leef area en het ook my meubels so geskyf dat ek 'n aangename werk area ook het. Uiteindelik sit ek nie met my rug na 'n deur of venster terwyl ek voor my rekenaar is nie, so ek voel meer gemaklik.

O ja, en die suppliments wat ek bestel het het vanoggend opgedaag! Nou moet ek nog net by die gym gaan aansluit, maar tyd en wyl kan ek darem rollemskaats. Ek wou vandag gegaan het om te gaan aansluit, maar ek dink nie ek sou dan my kamer klaar gekry het nie. Het ook darem my klere begin was, maar het ook nie betyds by die bank uitgekom om ons huur te betaal nie, so sal maar Maandag oggend moet kyk of ek dit kan afhandel - dalk ook sommer by die gym gaan aansluit. Sal tien teen een egter net gaan huur betaal omdat ons Maandag vir Jim gaan aanvat.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home