Ek is ek en jy's my gek, en gemaak om my tone af te lek.

Thursday, June 10, 2004

Eerste InfoGrammaton vergadering

Ja nee.

Gister het ons - dis nou ek, Scott, Richard, Jonas en Aaron. Ons eerste InfoGrammaton vergadering gehad by Jonas se huis om 'n plan van aksie te begin formuleer.

Jonas is vandag vroeg hier weg om vir ons InfoGrammaton as 'n maatskappy te gaan registreer en môre gaan ons 'n bankrekening vir die besigheid oopmaak - waaroor ek as maatskappy sekretaris en Jonas as Bestuurende Direkteur teken reg sal hê. Elkeen sal dan 'n bedrag van £100 bydrae tot die rekening vir fondse om bv. vir hosting te betaal.

Ons stig die maatskappy met almal op gelyke voet en met gelyke aandeel in die besigheid. Richard sal die Tegniese Direkteur wees en ek sal die Kreatiewe Direkteur wees. Kief. Dit lyk so half of Scott en Aaron nie die verantwoordlikheid van direkteurskap wil he nie - ons sal sien hoe dit uitdraai, maar hulle sal nog steeds aandeel houers wees.

Verder sal ons ons eerste produk registreer as 'n aparte maatskappy, wat grootliks besit sal word deur InfoGrammaton, wanneer ons die punt bereik wat ons beleggers wil nader, en was ek magtiging gegee om vir Blomkool-X 'n 5% aandeel in ons eerste produk aan te bied in ruil vir sy dienste m.b.t. mark-navorsing en algemene besigheids ervaring in die veld wat ons wil betree.

Sodra ons begin geld verdien sal hy dan die opsie hê, as hy geinterreseerd, is om oor te kom Engeland toe en hier te kom werk - maar ter selfde tyd sal hy net so maklik in Suid Afrika kan bly as hy wil en ponde verdien! Dit mag egter dalk nodig wees om Engeland toe te kom om enige kontrak-breek te vermy aangesien sy kontrakte met sy werkgewer slegs geldig is binne Suid Afrika en vir 'n beperkte tydperk. Dus sal hy instaat daartoe wees as hy sou wou om vir daardie tydperk Engeland toe te kom.

Verder gaan ek en Richard vanaand werk aan 'n korporatiewe identiteit vir InfoGrammaton en ons eerste produk. Dis basies een van sewe punte wat ons vasgestel het gedurende ons vergadering wat ons wil behaal teen ons volgende vergadering gister oor twee weke.

Nou ja, dis seker dit vir eers... ek sal gou nog 'n aparte ene pos oor ons huidige werk (die een wat ons betaal).

0 Comments:

Post a Comment

<< Home