Ek is ek en jy's my gek, en gemaak om my tone af te lek.

Thursday, June 10, 2004

Boet en Saartjie

Dit is Boet. Dit is Saartjie. Dit is Boet en Saartjie. Dit is Boet op Saartjie. Dit is Boet in Saartjie. Dit is Boet en Saartjie by die aborsie kliniek.

Mooi storie huh? Hier's nog een:

Ons het mos besluit om die res van hierdie week by die werk te gebruik om 'n realistiese en uitvoerbare plan inmekaar te sit. So ver het ons al 'n basies idee van hoe om so gou en effektief moontlik tot mark te kom, maar op hierdie stadium is almal nog nie in die selfde bootjie nie. Ek try maar so ver ek kan om dinge te fasiliteer, want al word daar nou gewerk aan ons eie planne voel ek steeds ek het trots in my werk, en reken ek die gevoel word deur van die ander gedeel, en dat ons wel nog 'n sukses van hierdie plek kan maak. Ter selfde tyd is dit 'n inkomste terwyl ons ons eie storie op die been bring. Ons het vir eers dinge om mee aan te gaan, maar môre sal ons almal (wat hier is) weer sit en uitwerk presies wat ons gaan doen, seker maak dat ons saamstem, en dan 'n implementasie plan uit een sit. Ons het reeds die meeste van die dele wat ons nodig het om die puzzle te pak... sommige van die stukkies is nog net nie heeltemal klaar geverf nie.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home