En op 'n meer persoonlike noot...
... laaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaa.
So ja. Hier is 'n gekonvuleerde gedagte wat ek maar so paar keer sal hersien voor dit seker vir ander geheel en al sin sal maak.
Ek het mos gister verjaar. Nou is ek 28.
Mense mag dalk dink dat 18 'n belangrike jaar is omdat jy dan skool klaarmaak en wettiglik maak rook, drink en nai. En bestuur dink ek. Jirre - terwyl ek daaraan dink, wat verwag mense as hulle sulke dinge alles op een slag toelaat - natuurlik sal die spul tieners dronk bestuur en op die agterste sitplek pomp! En in ieder geval dink ek daar hoort 'n dronk bestuur lisensie te wees wat vereis dat mens leer bestuur terwyl jy dronk is en dat jy eers mag uitpasseer nadat jy 'n bottel witblits voor die toetsbeampte gedown het.
Maar terug na die punt wat ek probeer maak. Hmmm... punt... (daar's nogals 'n oulike outjie wat tans werk in die restaurant in die gebou waar ons werk en ek sal hom graag bedien wil hê op 'n bun...)
Ieder geval. Dan is daar 21. Mondigwording... what the fuck is that all about? Jou suksesvolle voltooiing van jou eerste jaar van jou twintigs? die feit dat jy nou suksesvol kan af tel van 2 na 1 toe? Wat ook al die geval, ek is nie nou seker waar dit vandaan kom nie en 'n vlugtige soektog op internet lewer geen konkrete idees op nie - maar baie geskenk en partytjie voorstelle. Ok, so nou mag jy by sekere clubs en pubs ingaan waar jy nie van te vore toegelaat was nie, big deal.
Die belangrikste ding wat met my gebeur het toe ek 21 was, was dat ek vrede gemaak het met my moffialiteit deur om alles te verwerp en my eie raamwerk van waardes en denkwyses op te bou en dat ek my virginity aan 'n prokureur verloor het, maar verder was dit maar nes enige ander jaar. My 21ste se geskenk het ek eers so paar maande terug ontvang omdat ek en my ouers nie kon saamstem daaroor tot onlangs toe nie.
Na 21 is daar heel duidelik 22 (sien hoe kom die goed wat jy in laerskool geleer het handig te pas?) en dis eintlik wanneer jy in my opinie eers werklik begin volwassendheid betree... nee, wag. Nie betree nie, maar jy sien egter al die rook van die volwassenheids-skippie daar ver op die horison. Natuurlik dink almal van ons al teen daardie tyd ons is mooi groot, maar die werklikheid is dat ons nog baie het om te ervaar en te leer van die lewe voor ons werklik kan verstaan wat dit is om volwasse te wees.
Wat is dit in ieder geval om volwasse te wees? In hierdie geval dink ek die engelse woord mature is meer bedeidend as volwasse, wat meer dui op die woord adult. Wettiglik is 21 wanneer jy daardie wêreld van adulthood betree en kan tronk toe gaan vir diefstal en seks met minderjariges, maar dit het nie veel te doen met... vergeef die anglisisme... maturiteit nie. Wanneer ek sê volwassenheid bedoel ek maturiteit - daarvoor het mens 'n paar jaar se ervaring nodig.
My oogpunt is al vir 'n geruime tyd dat ons 'n tydperk het wat strek van gemiddeld 23 tot 27 wat ons die kans het om 'n jongmens te wees en al die wilde en kinderagtige dinge te doen en geniet soos drink, rook, eksperimenteer ,en rondnai (as dit jou ding is, en dan asseblief tog versigtig). Die dinge wat in engels juvenile behaviour genoem kan word. Maar mens kan nie voortgaan met sulke dinge vir die res van jou lewe nie, want een of ander tyd sal dit jou inhaal en hard tref. Soos wanneer mens 'n trok parkeer bo op 'n bult en afstap en vergeet om die handbriek op te trek. Maak sin. ;)
Baie van die wat se leuse is "it's better to burn out than to fade away" haal dit nooit verby 27 nie, en as voorbeeld kan mens maar net kyk na die wat bekend staan as 'the lords'. Jimi Hendrix, Jim Morrison, Kurt Cobain - almal van hulle dood teen 27. Of alive and well and living with Elvis. Ek dink ek verkies 'n lang en vol lewe bo dit, so wild wees binne perke Henry! :)
Ongelukkig vir my is 3 van daardie jare opgeneuk deur daardie donnerse haas, Bollie. Vir die wat nie weet van wie ek praat nie - so 'n ander doos. 'n Groot een. Een so groot soos al die poes in die wêreld wat saamgesit is en in water gelos was om op te swel. Genoeg van hom, hierdie is nie oor hom nie en hy is onbelangrik - maar die feit bly staan dat daar ongelukkig baie van daardie tydperk van jonkwees en dit geniet was wat opgeoffer was aan die kakgot.
Die punt wat ek probeer bereik is die volgende. In my opinie is 28 'n baie groter (ja, ja, numeries beslis) en belangriker verjaarsdag as 18 of 21. Dit is nou tyd om die kinderagtige dinge wat ek myself net mee skade doen en terughou agter te laat sodat ek vooruit kan beweeg en die ander groot verjaarsdag van 30 kan betree as 'n volwasse en afgeronde individu eerder as 'n kind in 'n groot mens se liggaam wat spartel om net die heel tyd alles wat lekker is te doen eerder as die dinge wat nodig is om gedoen te word.
Wat beteken dit? Dit beteken ek rook nie, ek drink nie, en ek nai maar ek nai nie rond nie. Hierdie dinge laat ek agter sodat ek vooruit kan gaan. In my lewe het ek nog altyd vir myself doelwitte gestel om teen 'n seker ouderdom te behaal. Tot dusver het ek dit vermag om elke keer nog suksesvol te wees in my doelwitte. Om my vorige werk te laat vaar en Engeland toe te kom was een van die moeilikste dinge wat ek nog moes doen, omdat ek een van my doelwitte wat ek baie aan opgeoffer het tydelik moes laat vaar - om teen die ouderdom van 30 'n miljoenêr te wees.
Ek is egter nog steeds vasbeslote om my doelwit te behaal - daar is nog twee jaar oor. Ek glo nou dat ek moes deurmaak wat ek deurgemaak het sodat ek die ondervinding en blootstelling kon kry wat nodig was om dit wat ek nou gaan aanpak 'n sukses te maak - en my sal toelaat om 'n sukses te wees op my eie terme!
Nou beweeg ek vorentoe van gister af, die dag toe ek 28 geword het, met 'n nuwe perspektief op die lewe. Een waar ek nie tyd of geduld met myself het vir onsinnighede soos stoned wees of gesyp wees of sigarette rook nie. Een waar ek soos 'n volwassene sal optree en dink... wel, wanneer en waar dit tel in ieder geval. Een waar ek aandag sal gee aan my gesondheid en my liggaam se fisiese toestand. Een waar ek fokus op die doelwitte wat ek vir myself stel en hulle behaal. Een waar ek die dinge wat ek begin klaarmaak. Soos hierdie sin.
0 Comments:
Post a Comment
<< Home