Ek is ek en jy's my gek, en gemaak om my tone af te lek.

Monday, June 14, 2004

Skoon Huid

Hmmm... huid...

Oh, ek tik...

Ja, gister was Boetie, Tanita, hul seun Daniel, en Sohette mos by my gewees. Voor hulle opgedaag het het ek reg gekry om die hele huis aan die kant te maak - ek dink ek verdien 'n cape en 'n flashy kostuum. Ons het potjiekos gemaak en baie lekker gekuier en ek het waardevolle inset van Boetie af gekry met betrekking tot ons situasie by die werk en hoe Richard die storie moet aanpak vandag. Ek het hom ook gevra of Richard hom kan bel om met hom te praat oor die situasie en hy het gese dis oraait. Ek was nogals trots toe Richard vanoggend nadat hy met hom gepraat het gese het hoe beindruk hy met my broer is en hoe sy kom reg op sy lyf sit (Boetie sin nou) en dat hy nie meer bang is om met Jim te deal nie omdat hy by Boetie goeie raad gekry het. Go Boetie! Go Boetie!

Ieder geval, lang vergadering gehad vandag - ek weet nie of enigiets daarvan ingesink het by Jim nie, net tyd sal wys.

Op 'n ander noot het Jonas die maatskappy geregistreer en ons het nou InfoGrammaton met sy 5 direkteurs. Ek wag nog in spanning om van Blomkool-X terug te hoor en ek hoop dat hy sal bereid wees om aan boort te kom.

Dis maar dit vir nou. LALALAaaaaaaaaaaaaaaaa.

Oh, www.inktank.com/AT is baie cool. Check dit uit.

1 Comments:

Blogger scribbles said...

Dit is seker nie 'n spelfout nie: "Ek was nogals trots toe Richard vanoggend nadat hy met hom gepraat het gese het hoe beindruk hy met my broer is en hoe sy kom reg op sy lyf sit"

hehe. Anyway, ek skryf nou-nou eksamen, so moet waai. Jete, ons moet 'n blog-ring begin van Afrikaanse blogs of iets O:)

Groete daai kant

11:27 PM

 

Post a Comment

<< Home