Ek is ek en jy's my gek, en gemaak om my tone af te lek.

Thursday, June 24, 2004

Iets sinneloos...

Dit het alles begin toe ek gedroom het van surf soos liewe jesus. Al wat mens doen is om in die water te spring waar almal probeer body-board en dan presies op die golf te sweef in die pose, die kruisigings pose. Mens beweeg rerig vinnig en dis baie pret, maar voor jy weet is jy kilometers weg van waar jy begin het.

En DIS wanneer jy die sand-beertjies vind. Hulle is amper soos ysbere net meer pret. Hulle leer jou hoe om by duine af te gly en oor bossies te bons, en as jy goed genoeg is daarmee dan sal hulle jou grootmaak as een van hul eie - so GEE AANDAG!

Hierdie informasie mag dalk een dag net jou lewe red!

0 Comments:

Post a Comment

<< Home