Ek is ek en jy's my gek, en gemaak om my tone af te lek.

Monday, July 12, 2004

Die stilte van die graaf...

Ja, die graaf! Het jy al ooit 'n graaf gehoor raas huh? Huh?! Sure, sure, mens kan 'n geraas maak MET 'n graaf - maar op sy eie is 'n graaf maar redelik stil.

Ieder geval, net 'n vinnige ou enetjie om te vertel hoekom ek so stil is op die blog.

Ons het mos Dinsdag getrek - ek dink dis die 7de of 8ste gewees - en dus het ons nie internet by ons nuwe plek tot middernag die 16de nie. So dis die dat ek nie so gereeld hier sal kom blog nie.

lalalaaaaaaaaaa....

Thursday, July 01, 2004

Moffie Trots. Kak Lienkie!

Hierdie gay pride storie darem.

Ek gaan mos die naweek aan 'n gay pride march deelneem! Hoekom? Fok, nie omdat ek in die minste trots is daarop om 'n fag te wees nie! Inteendeel!

As ek na die algemene optrede binne die homoseksuele kultuur kyk voel ek skaam om deel daarvan te wees. Want ek is, of ek nou wil of nie. Want ek is homoseksueel. Maar wraggies, die sedelose en immorele optrede van my spesie is fokkol om oor trots te wees nie!

Ek verstaan die oorspronklike punt agter 'gay pride'. Basies om die jong gay mense te laat weet dat daar niks is om oor skaam te wees nie. Maar dit word nie uitgeleef nie. Ag wat, aan die ander kant is dit 'n spul flambojante queens en dis hoe hulle is.

My eie rede vir gaan na hierdie storie is in die hoop dat ek dalk nie die enigste ordentlik gay ou daar sal wees nie, en miskien ontmoet ek iemand nice.

Ek gaan net fok weet nie maklik wees soos die res van my hoereerende spesie nie. Fok hulle. Of eerder, laat hulle mekaar fok.

Ek sal eerder iemand ontmoet en leer ken en dalk een dag dinge laat gebeur. Maar nie sommer net so sommer dadelik sonder dat ons rerig enigiets van mekaar weet nie. Hy sal FOKIN spesiaal en karismaties moet wees om DIT te laat gebeur.